Nuclear News

‘Moenie skrik vir rooi, dis net water’

Written by  Thursday, 22 May 2014 21:56
Rate this item
(0 votes)

Dié ondersoek kom nadat die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing (FSE) strafregtelike klagte van omgewingsbesoedeling teen die bankrot Blyvooruitsicht-myn, DRDGold en Village Main Reef-myn en sy direkteure aanhangig gemaak het.


Daar is tans onsekerheid oor wie die eienaar van die myn is wat nou deur ’n likwidateur, Leigh Roering, bestuur word.
DRDGold voer aan hy is nie meer die eienaar nie en dat Village Main Reef die beheer daarvan oorgeneem het.
Village Reef beweer hy het die myn net op kontrakbasis vir DRDGold bestuur.
Volgens Frances Craigie, hoof van die Groen Skerpioene, kan mynmaatskappye nie net van historiese omgewingsbesoedeling wegstap nie. Sy het gesê strafregtelike oortredings kan nie “verkoop of uitgekontrakteer word nie”.
AngloGoldAshanti (AGA), wat tans die mynwater uit skagte ses en vier by Blyvooruitsicht pomp en in die kanaal stort wat Wonderfonteinspruit toe loop, wou nie kommentaar lewer nie.
AGA het die water in die dolomitiese komme begin uitpomp toe Blyvooruitsicht in likwidasie geplaas is. Beeld verneem AGA pomp die water uit sodat dié myngroep by die goudriwwe kan uitkom.
Die enigste skag by Blyvooruitsicht wat tot onlangs nog lewensvatbaar was, was skag 5. Dié is nou onder water.
Inwoners van Potchefstroom kry hul water uit die Boskopdam. Die voedselkleursel is heeltemal onskadelik.