Nuclear News

‘Bekyk waterwese-amptenare’

Written by  Wednesday, 03 December 2014 14:03
Rate this item
(0 votes)

Die Federasie vir ‘n Volhoubare Omgewing (FO) het ‘n beroep op die Groen Skerpioene gedoen om ondersoek in te stel na die bestuur en monitering van suur mynwater aan die Witwatersrand.

 

Die federasie beweer die betrokke amptenare in die department van water en sanitasie het hul plig daarmee versuim.
Dit volg nadat Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, Vrydag in ‘n geskrewe toespraak gese het die probleem met suur mynwater aan die Wes-Rand is grotendeels opgelos en dat net 30 miljoen liter “behandelde” water in die omgewing vrygestel word.
Mariette Liefferink, direkteur van die FVO, het gister gese amptenare van die department van water en sanitasie mislei Mokonyane en die samelewing met verkeerde inligting.
Volgens Liefferink het sy skriftelike bewyse dat amptenare nie weet van die omvang wat die suurmynwaterkrisis is nie omdat hulle die situasie glad nie moniteer of enige studies doen nie.
Tans loop 60 miljoen liter suur mynwater aan die Wes-Rand uit, het sy gese. “30 miljoen liter word wel geneutraliseer deur kalk by te voeg. Die ander 30 miljoen liter word nie behandel nie en loop net
so in die Tweelopespruit uit en deur die Krugersdorp-wildtuin tot in die Hartbeespoortdam”, het sy gese.
Mokonyane het in haar toespraak gese die suur mynwater in die ondergrondse myntonnels wat uit die Sentrale Kom gepomp word, word nou so behandel dat dit geen nadelinge invloed het op die Kliprivier waarin dit gestort word nie.
Hierop het Liefferink gese die water wat hier uitgepomp word, is gifting vir die mens en die omgewing.
Hoewel die pH in die water opgeskuif word sodat dit neutraal is, is die water besmet met soute wat dit heeltemal onbruikbaar vir mens en dier maak.