Water News

Groen Skerpioene bekyk myns weens besoedling

Written by  Monday, 03 March 2014 11:35
Rate this item
(0 votes)

Die Groen Skerpioene en die polisie gaan saam 'n besoedelingsaak teen die Blyvooruitsicht myn en sy direkteure ondersoek. So het adv. Francis Craigie, hoof van die Groen Skerpioene, eergister gese.

Dit kom nadat Mariette Liefferink, direkteur van die Federasie vir ‘n Volhoubare Omgewing (FVO), vandeesweek ‘n strafregtelike klag teen die DRD Gold en Village Main Reef Mine by die Carletonville polisiekantoor aanhangig gemaak het weens beweerde omgewingsoortredings wat van 2008 tot vanjaar begaan is. Leigh King, DRDGold woordvoerder, het eergister gese die maatskappy is nie meer die Blyvooruitsicht Gold Mining Company se eienaar nie.

“Ons het (die maatskappy) ontbondel toe Village Main Reef op 1 Junie 2012 beheer daarvan oorgeneem het.” DRDGold meen dus dit is ongegrond om strafregtelike klate teen hom aanhangig te maak en sal himself daarteen verdedig, het King gese. Ferdi Dippenaar, hoofbeampte van Village Main Reef, het gister gese sy maatskappy het Blyvooruitsicht net as kontrateur names DRDGold bedryf.

Craigie het gese mynmaatskappye moet besef dat hulle nie bloot van historiese omgewingsbesoedeling kan wegstap nie. Sy het gese strafregtelike oortredings kan nie “verkoop of uitgekontrakteer word nie.” “Ontleding van stof sal byvoorbeeld gedoen moet word om te bepaal wanneer die voorvalle plaasgevind het en wie toe in beheer was”, het sy gese.

Marius Keet, senior bestuurder van mynwater by die departement van waterwese, het gese die situasie by Blyvooruitsicht kwel waterwese. “Waterwese het ‘n noodvergadering met ‘n buurmyn bele wat ernstig deur bedrywighede by Blyvooruitsicht benadeel kan word as die departement nie vroegtydig optree nie”, het Keet gese.

Liefferink het in ‘n beedigde verklaring gese sy het bewyse dat sianied van Blyvooruitsicht in afvalwater in ‘n stormkanaal beland het. Die water het in die Wonderfonteisnpruit beland. Op hierdie punt gebruik inwoners van Khutsong die water in die Wonderfonteinspruit om te drink, mee te was en te kook. Die Blyvooruitsicht myn word Dinsdag finaal gelikwideer.