The Federation for a Sustainable Environment

  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Home Press Clippings SUUR WATER BEDREIG WILDTUIN SE DIERE

SUUR WATER BEDREIG WILDTUIN SE DIERE

E-mail Print PDF

Die hele Krugersdorp Wildtuin is besmet met suur mynwater.

Op die oomblik drink 1 400 diere hierdie water, én die mense in omliggende streke wat hulle water uit boorgate kry.

Die 22 mense wat in die wildtuin bly, drink munisipale water.

Die suur mynwater loop van onder deur die R24 in die Tweelopiespruit in die wildtuin in.

Japie Mostert, wildbewaarder by die Krugersdorp Wildtuin, sê: “Ek is geweldig bekommerd oor al die diere, veral die jonges wat nou van hullle ma’s af speen, hulle het geen immuniteit nie.”

Die voëllewe op die oppervlak van die dam in die wildtuin is reeds nie meer te sien nie, Japie sê die voëls het net verdwyn.

Hy moet ook elke dag check of die wildtuin se twee seekoeie nog leef, en ry elke dag daardeur op soek na moontlike vrektes.

Daar was wel vrektes van diere gewees die afgelope tyd, maar daar kan nie met sekerheid gesê word of dit van die  suur mynwater is nie.

“Die ouens van Rand Uranium sê ek moet vir hulle ’n varsgevrekte dier bring, dat hulle kan kyk of dit van die mynwater is, maar hulle verstaan nie jy kry die dier eers ’n paar dae nadat hy gevrek het nie,” sê Japie.

In die afgelope week het die wildtuin 120 ml reën gekry, wat wel ’n bron van onbesoedelde water vir die diere was.

“Maar die reënwater-poeletjies droog binne ’n week op, en dan kom die groot probleme,” sê Japie.

Kenners het die wildtuin gewaarsku om onmiddelik op te hou om die besoedelde water aan die diere te gee en eerder krippe met munisipale water vir hulle uit te sit.

“Maar hoe hou jy nou die diere weg van die spruit? Hulle  sal mos nie by ’n handgemaakte ding gaan drink nie,” sê Japie.



Intussen sê Mariëtte Liefferink, direkteur van die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing, die feit dat daar kalk by die water gegooi word om die pH te verander, sal verseker vrektes onder die diere veroorsaak, want hulle moet heeltyd probeer aanpas by veranderende pH-vlakke. Mariëtte het reeds begin konsulteer met prokureurs om die regering voor die hof te daag, nadat hulle versuim het om met ’n gedetaileerde plan vorendag te kom oor hoe die situasie beredder kan word.

“Hulle reaksie was absoluut polities korrek, maar daar was geen aanduiding van wat hulle langtermynplanne is om die  probleem op te los nie,” sê sy.

Die Minister van Minerale en Energie, Susan Shabangu, het erken dat suur mynwater ’n omgewingsprobleem is, maar ook geen poging tot ’n oplossing aangewend of voorgestel nie.

Last Updated on Saturday, 06 February 2010 06:35  

Sponsorship

The Federation for a Sustainable Environment is sponsored by Public Environmental Arbiters

Legal support is provided by The Legal Resources Centre

The FSE's website is sponsored by The Custodian Project

To assist with sponsorship in cash or in kind, email the FSE

 


Find us on Facebook

Acknowledgement

The Federation for a Sustainable Environment acknowledges the support of -

Marianne Valenti.
Garfield Krige, African Environmental Development.
Prof. Leslie Stoch
Dr. Jan Myburgh (Onderstepoort)
Dr. Francois Durand (University of Johannesburg)
Prof. Elize van Eeden (North West University – Vaal)
North West University (Vaal)
Save the Vaal
The Legal Resource Centre
Green Grants
groundWork
Prof. Johann Tempelhoff (North West University – Vaal)
WISE
Earthlife Africa (Jhb)
Prof. Tracy Humby (Wits Law School)
Prof. Dr. Frank Winde (North West University – Potchefstroom)
Isabel Weiersbye on behalf of the Ecological Engineering & Phytotechnology Programme, The School of Animal, Plant & Environmental Sciences, University of the Witwatersrand, Johannesburg.


Clicky Web Analytics