The Federation for a Sustainable Environment

  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Home Press Clippings Besoedeling

Besoedeling

E-mail Print PDF

Inwoners van die Ermelo-gebied is saam met die omgewingsgroep die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing (FVO) ontsteld omdat die myngroep Xstrata Coal vier nuwe steenkoolmyne in die omgewing wil begin.

Steenkool is ’n belangrike hulpbron vir Suid-Afrika. Dit word uitgevoer en verdien belangrike buitelandse valuta, die myne skep werk en ons elektrisiteit word steeds hoofsaaklik met steenkool opgewek.

Water is egter ook ’n belangrike hulpbron, veral in Suid-Afrika wat nie ’n oorvloed het nie en waar klimaatsverandering vir die nabye toekoms voorspel word.

Die FVO en die inwoners van Ermelo wys op hul ervaring in die verlede toe steenkoolbedrywighede waterbronne nadelig getref het.

Die myngroep sê hy het ’n groot bedrag geld opsy gesit om die omgewing te rehabiliteer en water te suiwer.

Die breë ervaring in Suid-Afrika tot dusver was egter eerder dat die besoedeling wat mynbou veroorsaak, nie behoorlik herstel word nie, al was geld opsy gesit daarvoor.

Dit is dalk tyd dat die nasionale regering vernuwend tot kwessies soos hierdie toetree.

Verwagte klimaatsverandering, ’n groter bevolking en die sigbare feit dat mynbou wel waterbronne beïnvloed, beteken waarskynlik dat herstelpraktyke uit die verlede nie meer heeltemal toepaslik is nie.

Nuwe omstandighede vereis dat belangebotsings van hierdie aard in vandag se konteks ondersoek behoort te word.

Beeld

 

Sponsorship

The Federation for a Sustainable Environment is sponsored by Public Environmental Arbiters

Legal support is provided by The Legal Resources Centre

The FSE's website is sponsored by The Custodian Project

To assist with sponsorship in cash or in kind, email the FSE

 


Find us on Facebook

Acknowledgement

The Federation for a Sustainable Environment acknowledges the support of -

Marianne Valenti.
Garfield Krige, African Environmental Development.
Prof. Leslie Stoch
Dr. Jan Myburgh (Onderstepoort)
Dr. Francois Durand (University of Johannesburg)
Prof. Elize van Eeden (North West University – Vaal)
North West University (Vaal)
Save the Vaal
The Legal Resource Centre
Green Grants
groundWork
Prof. Johann Tempelhoff (North West University – Vaal)
WISE
Earthlife Africa (Jhb)
Prof. Tracy Humby (Wits Law School)
Prof. Dr. Frank Winde (North West University – Potchefstroom)
Isabel Weiersbye on behalf of the Ecological Engineering & Phytotechnology Programme, The School of Animal, Plant & Environmental Sciences, University of the Witwatersrand, Johannesburg.


Clicky Web Analytics